Welkom by Trompsburg Primêre Skool

Hier bou ons uitmuntende karakter - 'n fondament vir 'n soliede toekoms.

Ons visie

Trompsburg Primêre Skool streef daarna om die voorkeur-keuse te wees vir akademiese, kulturele en sportontwikkeling met Christelike waardes in die streek. Ons vorm waardegedrewe, gebalanseerde en selfstandige leerders wat hul volle potensiaal bereik binne 'n veilige, inklusiewe en ondersteunende leeromgewing.

Ons span werk doelgerig saam met ouers, gemeenskappe en die Departement van Onderwys - vanaf Luckhoff tot Smithfield, en Bloemfontein tot Colesberg.

Plus Ultra

Ons skool se waardes

  • Christelike waardes
  • Eerlikheid
  • Liefde
  • Omgee
  • Respek
  • Vriendelikheid
  • Verantwoordelikheid
  • Lojaliteit

Het u vrae of wil u 'n Trompie word?

Skakel die kantoor of stuur 'n e-pos ouers en belangstellendes is altyd welkom.

Gaan na Kontak Ons

Jou Trompie Gids

Alles oor skooltye, kleredrag, sport, kultuur en kommunikasie in een ouergids.

Laai die gids af (PDF)