Akademies

Hoë akademiese standaarde deur deeglik beplande onderrig, helder insigte en positiewe lewenswaardes.

Akademiese program

Graad 1 – 3

  • Afrikaans
  • Engels Eerste Addisionele Taal
  • Wiskunde
  • Lewensvaardighede
  • SeSotho Tweede Addisionele Taal

Graad 4 – 6

  • Afrikaans Huistaal
  • Engels Eerste Addisionele Taal
  • SeSotho Tweede Addisionele Taal
  • Sosiale Wetenskappe
  • Natuurwetenskappe en Tegnologie
  • Wiskunde
  • Lewensvaardigheid

Graad 7

  • Afrikaans Huistaal
  • Engels Eerste Addisionele Taal
  • Sosiale Wetenskappe
  • Natuurwetenskappe
  • Wiskunde
  • Tegnologie
  • Lewensoriëntering
  • Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
  • Kuns en Kultuur

Remediërende onderrig

Leerders wat ondersteuning benodig word deur onderwysers geïdentifiseer en ontvang remediërende onderrig. Indien nodig word daar vir hierdie leerders aansoek gedoen vir konsessies tydens assesserings.

Akademiese geleenthede

WOW-spel

Deelname aan plaaslike, streeks- en provinsiale kompetisies.

ATKV-uitklopspel

Deelname aan die landswye kompetisie.

Enviro-Quiz

Graad 6-leerders neem deel aan die kompetisie.

Mental Maths

Leerders van Graad 3 tot 7 neem deel aan plaaslike, streeks- en provinsiale kompetisies.

Spelling Bee

Leerders van Graad 3 tot 7 neem deel aan plaaslike, streeks- en provinsiale kompetisies.

Skooltye

Graad 1 – 3

  • Maandag: 07:30 – 12:45
  • Dinsdag – Donderdag: 07:20 – 12:45
  • Vrydag: 07:20 – 12:30

Graad 4 – 7

  • Maandag: 07:30 – 13:30
  • Dinsdag – Donderdag: 07:20 – 13:30
  • Vrydag: 07:20 – 13:00

Ons verwag van ouers om toe te sien dat kinders betyds by die skool aanmeld en ook betyds gehaal word. Sorg dat u kind 10–15 minute voor aanvang op die terrein is.

Kleredrag

Skooldrag — somer

  • Seuns: Grys skoolhemp, grys kortbroek, lang grys kouse, swart skoolskoene of kaalvoet.
  • Meisies: Skoolrok, wit sokkies, swart skoolskoene of kaalvoet.

Skooldrag — winter

  • Seuns: Grys langmouhemp, grys langbroek, skooltrui of baadjie, lang grys sokkies, swart skoolskoene. Geen maroen windbreakers word toegelaat nie.
  • Meisies: Wit langmouskoolhemp, maroen langbroek, skooltrui of baadjie, wit sokkies en swart skoolskoene. Geen maroen windbreakers word toegelaat nie.

Sportdrag (opsomming)

  • Atletiek: Skoolsporthemp en -broekie, wit sokkies en tekkies.
  • Swem: Swart swembroek en skool-swempet.
  • Rugby: Skoolsporthemp met swart PT-broek.
  • Netbal / tennis / landloop: Skoolsport- of geleende spandrag soos deur die skool bepaal.

Alle sportklere en sweetpakke is by die kantoor te koop. Meisies se rokkies en maroen langbroeke is by TUNIKA in Bloemfontein beskikbaar. Merk asseblief u kind se klere duidelik.

Het u vrae oor ons akademiese program?

Kontak die kantoor — ons help graag.

Kontak Ons